As jy oppad is na die Hooglande of die Oos-Vrystaat se kersieboorde, val in en sê dag vir Maqsood

THREE FOUNTAINS RESORT


Op die N8, 10km van Ladybrand


Maqsood Kahn is ‘n gesinsman. “Ek het 4 kinders en een wettige vrou” sê hy met ‘n lag in sy stem. Hy is ook , besigheidsman met ‘n oog op die toekoms. “Ek hou van baie verskillende dinge. Ek raak graag betrokke in verskillende besighede.”

Sy oog vir ‘n geleentheid beteken hy het belange by ‘n skool, ‘n Vodacom agentskap, ‘n oord, en nou, die Zero Carbon Charge Laaistasie. Die grens tussen Suid Afrika en Lesotho is vir hom net ‘n lyn op ‘n kaart. “My ander besigheid is die Maseru Private Academy net oorkant die grens van die Oos-Vrystaat in Lesotho se Berg koninkryk” sê Maqsood.

Tans is die Three Fountains oord waar al die bedrywighede is. “Ons restaurant is sewe dae per week oop. Ons verskeidenheid is uitstekend: van Oosters, tot Indies tot pap en vleis. En dis als smullekker” sê Maqsood met trots. Three Fountains is op die N8 tussen Thaba Nchu en Ladybrand geleë en behoort sedert 2018 aan Maqsood.

Hy het groot planne vir Three Fountains – wat sy naam ontleen aan die drie natuurlike waterfonteine op die eiendom.  “Toe ek nog ‘n tjokkertjie was, het my hart plaas se kant toe gestaan. Ek het gehunker na die Vryheid wat dit bied!”

Hierdie planne behels onder meer ‘n Moslem skool, en ‘n koshuis met huisvesting vir 1200 kinders. Tans bied Three Fountains nie akkommodasie nie, maar sodra die Zero Carbon Charge Laaistasie operasioneel is sal oornaggeriewe opgerig word.

“Ek bieg. Ek het NIKS van Elektriese Voertuie geweet nie,” lag Maqsood “maar toe Joubert Roux van Zero Carbon Charge onverwags hier opdaag, het ek onmiddellik gevoel daar’s sinergie. Hy bied iets anders aan, iets toekomsgerig, en gelukkig is Three Fountains ideaal gesetel langs die hoofpad.”

Maqsood hou van die idee dat die beplande son-plaas gaan bydra tot die verligting van die elektrisiteit krisis in SA. Hy hou ook van die vooruitsig van addisionele klandisie as gevolg van die Laaistasie. “Ek is angstig vir die admin prosesse om afgehandel te raak” sê hy “Dis wonderlik om betrokke te raak by ‘n heel ander bedryf.”

As jy oppad is na die Lesotho Hooglande, of die kersieboorde van die Oos-Vrystaat, val by Three Fountains in en sê vir Maqsood dag.