Grass Valley op die N1
GRASS VALLEY
NETWERKVENNOOT OP DIE N1
‘n Grasvallei in die Bosveld
Joubert Roux, medestigter van Zero Carbon Charge, het ‘n visie van ‘n netwerk van skoon energie EV laaistasies wat strek dwarsoor die Suid-Afrikaanse platteland. Dié laaistasies sal 150km uitmekaar wees en gekoppel aan plekke van belang soos padstalle, restaurante en akkommodasie. Joubert het egter gou besef dat die Suid-Afrikaanse platteland ‘n BAIE groot plek is, en dat sommige van die Laaistasies met padstalle uit die niet uit opgerig sal moet word: sogenaamde Greenfield Sites, m.a.w. onontwikkelde terreine.
Dis bloot toevallig dat die eerste Greenfield Site waaroor ons ‘n artikel doen se naam Grass Valley is. Dis ‘n wildsplaas op die N1 een en dit grens aan die oostekant van die Zebetiela Tolhek. Die naaste dorp is Mokopane/Potgietersrus sowat 85km daarvandaan. Die eienaar is Johannesburgse sakeman Richard Mooa.
“Hier is niks nie, net wildsbokke. Dis my wegbreek plek. My pret plek,” lag Richard “Werk is ‘n malhuis, en jy kom op ‘n punt waar jy ‘n blaaskans moet neem, want jy gaan of mal, of geskei raak as jy dit nie doen nie!”
Richard het oos van Polokwane groot geword sowat 85km van Polokwane, en hy beskou Grass Valley as ‘n terugkeer na sy herkoms. “Na skool het ek by DHL gaan werk. Na tien jaar het ek by GlobeFlight ‘n pos aanvaar” En dis waar hy sedert 1998 stadig maar doelgerig die korporatiewe leer bestyg het.
Grass Valley is nie Richard se enigste plaas nie. “Ek het ‘n aandeel in Wildepaardejacht wynplaas in die Paarl” sê hy, amper terloops “ en ons het ‘n ander plaas met gesaaides en beeste.”
EV Laaistasie
Hy het geen planne vir Grass Valley … nog nie. Vir eers sal die net die Laaistasie wees.
“Maar ek is gretig om idees uit te ruil met Joubert en sy span met betrekking tot die vestiging van ‘n rusplek vir EV bestuurders,” sê hy “daar is niks om te verloor nie, dis ‘n wonderlike geleentheid om my besigheid te diversifiseer.”
Welkom by die Zero Carbon Charge Tribe, Richard. Ons sien daarna uit om verslag te doen oor ontwikkelinge by Grass Valley.