Op die N2 naby George.

Bargain nursery on the N2

BARGAIN NURSERY

[email protected]  
FOON:
062 340 4953

Elvis Brew on the N2

ELVIS BREW PADSTAL

[email protected].  
FOON
: 061 548 5155

Bennie en Ernst is baie bly oor Elvis Brew se teenwoordigheid want dit lok nog klandisie. “Mense wat kom vir plante, sal oorstap na die koffiewinkel, en mense wat dalk net lus was vir koffie sal nou langer bly en ook in die kwekery iets kry”.


Toe my pa hier aangekom het, was sy kop vol drome …

As jy gelukkig wil wees vir ‘n uur – drink ‘n bottel wyn. As jy gelukkig wil wees vir ‘n jaar – trou. Maar, as jy gelukkig wil wees vir die res van jou lewe – begin ‘n tuin

So lui die ou gesegde en ‘n goeie plek om met ‘n leeftyd van tuinmaak te begin is by Bennie Niemand en Ernst Coetzee se Bargain Nursery. Netjies geleë op die R404 tussen die N2 en die George Lughawe.

“Ons is wat ons sê ons is,” sê Bennie, “winskopies is wat jy hier kry”. Meeste van sy kliënte is uit die omgewing, maar die omgewing is groot. Kopers strek van Mosselbaai in die Suid-weste tot by Plettenbergbaai in die Noord-ooste. ‘n Groot deel van sy kliënte is vakansiegangers, mense wat die langpad binneland toe aandurf na ‘n tydjie by die see, asook toeriste op pad na die lughawe wat nie die versoeking kan weerstaan om gou ‘n aandenking of ‘n geskenk teen ‘n winskoop prys te kry nie. Mense moet dit slegs doen as daar oorgenoeg tyd voor opstyg is, want daar is baie winskope. “Ons is ‘n huistuin kwekery” sê Bennie. ”Ons verskaf blommende plantjies, vrugtebome, sitrusbome, sowel as blom en groente saailinge, en 95% daarvan kweek ons self”. Bennie meen die driemanskap van Prys, Kwaliteit en Verskeidenheid waarborg ‘n waarde vir geld mandjie van produkte.

Dan is daar ook sementpotte, dekoratiewe en funksionele ysterwerk, ‘arches’, en fonteinbenodighede. “Baie daarvan maak ons self” spog Bennie.

Die kwekery is een van Bennie se vele ysters in die vuur. Hy is eerstens ‘n boer. “Ons kom oorspronklik uit die Groot Karoo. Ons was skaapboere, maar in 1989 het my pa besluit ons trek oor die Outeniekwas en toe kom vestig ons ‘n groenteplaas hier” sê Bennie. Buiten die padstal bedryf hulle ook die Good Food Farmstall “Ons is boermense en kos-mense.” Dis al wat mens hoef te weet.

Nog ‘n rede om te stop op die pad van Heroldsbaai na Oudtshoorn is Elvis Brew. Dis die koffiewinkel van Elvis Blue – die sanger – wat roem verwerf het toe hy die Idols talent-kompetisie op die MNet-televisie kanaal gewen het.

Bennie en Ernst is baie bly oor Elvis Brew se teenwoordigheid want dit lok nog klandisie. “Mense wat kom vir plante, sal oorstap na die koffiewinkel, en mense wat dalk net lus was vir koffie sal nou langer bly en ook in die kwekery iets kry”.

Elvis Brew on the N2

Maar hulle is nog meer opgewonde oor die ooreenkoms wat hulle gesluit het met CHARGE om ‘n EV laaistasie op die perseel te vestig. Hy meen daar is twee redes waarom hy uitsien na die laaistasie. “Ek is maar onkundig oor EVs maar ek besef dit is ‘n ding wat kom. As sonkrag kan werk vir huise en besighede kan dit werk vir motors en ek wil deel wees daarvan” sê hy. “Ek is ‘n groenteboer, ‘n man van die aarde wat lief is vir diere. Ons besit nie regtig die grond nie, ons het net rentmeesterskap daarvan vir die nageslag, en om klimaatverandering tee te werk is deel daarvan.”

Bennie raak vir ‘n oomblik stil, en dan gee hy sy tweede rede “Toe my pa hier aangekom het was sy droom om ‘n vulstasie hier te bou, maar die rompslomp was so erg dat hy opgegee het en die regte het verval. Hy’s in 2009 oorlede. Dis vir my asof the laaistasie op ‘n manier sy droom is wat eindelik waar word”

As jy jouself op die Tuinroete bevind beplan jou reis op so wyse dat jy ‘n lang stop by Bargain Nursery en Elvis Brew kan maak. Daar’s te veel om te sien en doen vir slegs ‘n heen en weertjie.