Die een ding wat besoekers laat terugkeer vir nog is die Orchid Farm Stall Ontbyt.

ORCHID PADSTAL


Op die N4 naby Nelspruit

EPOS: [email protected]

FOON: 082 452 2348


Mal oor Orgideë

Baie mense het nare dinge te sê oor Suid Afrikaanse paaie, en meeste van hulle het die kat by die stert beet: Sanral hou SA se N en R roetes in goeie toestand. Een besonder mooi pad is die N4 wat Botswana met Mosambiek verbind – met ‘n bietjie hulp van 2 konsessiehouers.

Soos mens die Laeveld binnekom, al met die Krododilrivier langs, moet jy ‘n keuse maak: deur Nelspruit, of, óm Nelspruit?

Geen van bogenoemde. Stop eers by die Orchid Farm Stall en dink nog ‘n slag oor die keuses.

Die egpaar Robbie en Urna Stevens het 11 jaar gelede vanaf die Orchid Farm Stall plaaslike produkte begin verkoop.

“My oupagrootjie se voorsate kom van Stirling in Skotland en hy het hom vanuit die Oos-Kaap in die Laeveld kom vestig. My ma se kant van die familie het naby Chrissiesmeer geboer, hierdie plaas was deel van die winter weivelde wat hulle in 1867 gekoop het” sê Robbie. Hy het ‘n loopbaan in die korporatiewe logistiek gevolg, terwyl hy deeltyds sy lyf macadamia-boer gehou het.

“My moeder het 40 jaar gelede orgideë begin versamel” vervolg Robbie “en dit het gelei tot ‘n kleinhandel winkel”. Toe the N4 gebou is het dit die familieplaas middeldeur gesny en sedertdien bedryf Robbie se suster die kommersiële sy van die orgideë besigheid terwyl die kleinhandel sy vanaf Orchid Farm Stall bedryf word. Aanvraag  vir orgideë het so toegeneem dat hulle genoop is om orgideë vanuit die Ooste in te voer om kliënte tevrede te hou.

“Bo en behalwe die orgideë bied ons ook boomvarings en aalwyne” sê Robbie “ons het bevind dat belang in potplante en binnehuise plante verskriklik toegeneem het tydens Covid”.

Koffiewinkel en deli

Buiten blomme en plante is daar ook klerasie en dekor-items by Orchid Farm Stall te koop. Daar’s ‘n koffiewinkel wat ligte maaltye bedien. Daar’s ‘n delikatessen wat konfyte, piekels en ingelegde vrugte bied. Daar’s ‘n funksie kamer wat populêr is vir kombuis- en ooievaarstees. En laastens is daar ‘n ongelisensieerde restaurant.

Die een ding wat besoekers laat terugkeer vir nog is die Orchid Farm Stall Ontbyt: twee snye ciabatta-brood met avokado, twee varkworsies, en twee geposjeerde eiers, met feta en macadamia dukka bo-oor. Lek-ker!

Robbie se langtermyn planne behels ‘glamping’ tent-akkommodasie. Glamping staan vir Glamorous Camping, vir mense wat in beginsel gou van kampeer, maar nie lus is nie vir die ongerief van kamp bedjies, insekte en gedeelde ablusie blokke.

Robbie is swygsaam oor klimaatsverandering. “Ek ontken dit nie, maar ek is ook nie ‘n kampvegter nie. Ons het vanjaar van ‘n koue, nat somer gegaan na ‘n baie matige winter”. Die van ons wat elders woon beleef winter in die Laeveld as baie matig!

“Toe Joubert Roux op ‘n dag uit die bloute hier inval en ‘n vennootskap met Zero Carbon Charge voorstel het ek onmiddellik gereken dis ‘n baie goeie opsie” se Robbie “Ons het toe alreeds die besluit geneem om ‘n sonkrag installasie te doen om onsself minder afhanklik van Eskom te maak, so dit was ‘n perfekte aansluiting vir ons”.

Daar is ‘n toegewyde afrit na Orchid Farm Stall wat EV bestuurders veilige ingang en uitgang verleen tot die toekomstige herlaaistasie.

Watter EV sal jy kies?

Robbie is ook stilswyende oor watter EV hy vir homself sal kies as die tyd reg is. “Ek veronderstel dit sal ‘n Tesla wees” wonder hy “omdat ons onlangs uitgevind het ons moeder is ‘n verlangse niggie van Elon Musk. Ongelukkig nie naby genoeg om te erf nie …”