Fynbos Padstal en Gasteplaas in die skilderagtige vallei bekend as Die Land van Waveren

Fynbos Padstal & Gasteplaas


Op die R46 tussen Tulbagh en Wolseley

EPOS: [email protected]

FOON: 072 223 4674

PADSTAL

GASTEPLAAS


Op Vaste Grond

“Hierdie is ‘n leefstyl-plaas. Ek ploeg nie of teel nie met skape of iets dergeliks nie. Dis my daaglikse terapie.”

“Ek het ‘n droomlewe,” sê Peter Nel met ‘n welgeluksalige sug. Sy droom was om in die platteland af te tree na baie jare as skoolhoof, en oor die laaste sestien jaar het daardie droom waar geword by Fynbos Café and Guest Farm in die skilderagtige vallei bekend as Die Land van Waveren. Om meer spesifiek te wees lê die kafee en padstal op die R46 sowat 10km van Tulbagh en 2km van Wolseley.

Peter is in beheer van die Kafee en Padstal en is baie trots op die gehalte kos wat hulle bedien. “Ons bak uitstekende pizzas, die vis en tjips is besonders, en ons heeldag ontbyt en ligte middagetes is fantasties, maar wat mense teruglok is ons tuisgemaakte pasteie wat ons met tjips en slaai bedien. Mense noem ons The Home of the Pie!

Fynbos Café, ook bekend as Peter’s, is ten volle gelisensieer, om drank te bedien en te verkoop. “Dis ‘n groot trekpleister vir almal wat hou daarvan om ‘n drankie te nuttig by hulle kos.” voeg Peter by.

Die padstal is propvol plaaslike items: erdewerk, olyfolie, neute, oorbelle, beskuit en biltong “Baie besoekers vertel my dis die beste plaas stal wat hulle al ooit besoek het.” Daar is ook twee speelparke waar kleintjies kan baljaar terwyl hul ouers tussen rakke rondkrap. Daar is ook ‘n buitelug fliek teater.

Die gastehuis en konferensie-fasiliteit word deur Peter se vennoot Maurice Lancaster bedryf. Dit bestaan uit 3 gerieflike kothuise en 10 kamp staanplekke en is geleë op 67 hektaar fynbos en renosterveld. “Dis ongerep,” sê Peter “ons het rooikatte, grysbokke, rooibokke, ystervarke en heelwat ander spesies wat vry rondloop.”

Peter en Maurice befonds ‘n veilige hawe vir dier wat hulle vir verwaarloosde en beseerde diere  gestig het. “Ons het byvoorbeeld twee sebras gered was bestem was vir die jagveld,” sê Peter “hulle het babas gekry en nou spog ons met sewe sebras.” Onder andere is donkies, uile, hase, arende en boerbokke. Teen ‘n fooi mag besoekers die diere voer en aan (party) van hulle raak of streel “Dis ‘n gesinsparadys!”

Alhoewel hy afgetree is sal Peter altyd ‘n onderwyser wees. Hy en Maurice reël opleiding en vaardigheids-opskerping kursusse vir die plaaslike gemeenskap. “Ons het ‘n tuinierskursus onlangs aangebied, asook ‘n huishou kursus. Meer en meer gastehuise ontstaan en daar is ‘n behoefte aan hierdie vaardighede in die toerisme bedryf.”

Peter en Maurice beplan nie enige uitbreidings aan hul opset nie. “Ons is omgewingsbewus, baie van die laag-liggende fynbos word bedreig. Enige uitbreiding sal ons noop om meer fynbos uit te roei.”

Met hierdie positiewe omgewingsgesindheid was hulle onmiddellik vatbaar vir ‘n samewerkimgsooreenkoms met ZeroCC in die ontwikkeling van ‘n laaistasie op hul perseel by Fynbos Padstal.

“Elektriese voertuie (EVs) gaan die vervoerindustrie verander soos selfone kommunikasie verander het,” sê Peter “ons is in ons noppies dat ons deel kan wees van ‘n projek wat gaan bydra tot ‘n Kleiner koolstof voetspoor.”

Peter is vas oortuig dat die laaistasie hulle besigheid ‘n hupstoot sal gee. Hy sien uit daarna om so gou moontlik ‘n EV te bekom. “Ek het ‘n paar gesien by die BMW handelaar in Kaapstad waar ek my motor laat diens, en toe dink ek ‘Mmm, ek sal nogal van een van hulle hou’, maar dit lê in die toekoms.

Daardie deel van die land word gewoonlik vereenselwig met die aardbewing die geskiedkundige dorpie Tulbagh in 1969 in puin gelê het. Maar dis in die verre verlede, op die huidige tydstip is Fynbos Padstal op vaste grond en in die veilige bewaring van twee mans wat plat op die aarde is.