Sanral wil nou besluit wie langs die pad mag sake doen

Deur Antoinette Slabbert

Eienaars en operateurs van ondernemings langs Suid-Afrika se hoofpaaie is woedend oor voorgestelde wysigings aan die beleid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) vir rus- en diensfasiliteite langs nasionale paaie.

Hulle voer aan dat Sanral sy mandaat oorskry deur te probeer bepaal watter soort ondernemings bedryf mag word, sowel as waar, hoe ver uitmekaar en ook die profiel van die mense wat die onderneming bestuur – en dit op private grond.

Sanral wil ook ‘n sê hê oor omgewingsaangeleenthede en grondgebruik, pleks daarvan om hom te bepaal by padtoegang, -gehalte en -veiligheid.

Verder wil Sanral self betrokke raak by die verskaffing van laaistasies vir elektrise voertuie (EV’s), wat beteken die agentskap sal terselfdertyd reguleerder én markdeelnemer wees, sê hulle.

Boonop wil Sanral ‘n persentasie van die betrokke besighede se omset hef, wat volgens Joubert Roux, voorsitter van die Charge Group, soveel as 10% kan wees. Die regte wat toegeken word moet volgens Sanral tot tien jaar beperk word, waarna dit hersien sal word. Lees die volle artikel op die Maroela Media webtuiste.

This site uses cookies to offer you a better browsing experience. By browsing this website, you agree to our use of cookies.