Karooroos Padstal op die N10
Karooroos is die ideale halfweg stop vir reisigers tussen PE en Gauteng. Hou dit in gedagte volgende keer as jy N10 langs ry.
KAROOROOS
Op die N10 snelweg naby Middelburg
EPOS: [email protected]
FOON: 082 432 2211
Vrede, Geloof en ‘n Plekkie in die Karoo.
Karooroos – die naam tower beelde op van ‘n hygroman voorblad; pragtige vrouens met smeulende oë en vol lippe. Dit speel ook op ‘n dubbelsinnigheid – die sagte sensuele skoonheid van ‘n roos soos ‘n rugbare oase in ‘n afgeleë Karoovlakte.

En dis presies wat Danél du Plessis in gedagte gehad het toe sy Karooroos Padstal buite Middelburg in die Oos-Kaap begin het. “Ek het altyd dié naam in my agterkop gehad,” sê sy, “Ek wou ‘n padstal skep waar mense die vrede en vryheid van die Karoo kan kom ervaar”. Sy het ‘n groot stoep gebou met ‘n asemrowende uitsig oor die Karoo-gebergtes , waar besoekers kan sit en die Karoo sielsdiep indrink. Maar Danél wil hê dit moet nog meer as net dit wees, sy wil die ervaring so spesiaal maal, dat mense sal wil terug kom om dit weer en weer te beleef.
Die padstal is die verwesenliking van ‘n droom wat Danél vir baie jare gekoester het. “Hierdie was kaal veld. Ek en my man Tinus het hierheen gekom, eb dan het ons onder ‘n boom gedroom en beplan aan ons padstal. Dit was belangrik dat ons visie een honderd persent ooreengestem het met mekaar.”
Uiteindelik was die tyd reg. “Ons het middel 2014 begin bou, en Desember 2014 het ons oopgemaak” sê Danél met trots “Dis wat mens kan regkry met spanwerk, as jy vrede in jou hart het, en as jy glo”.

Danél se prioriteit is dat besoekers met die intrapslag by Karooroos tuis moet voel. Haar metode? Daagliks word daar kraakvars pastei en roosterkoek gebak. En as dit jou nie oortuig nie is daar haar legendaries Karoo-ontbyt: 2 eiers, spek, wors, tamatie smoor, roosterbrood, botter, kaas, konfyt en lemoensap. Danél bied ook plaaslike produkte van die omgewing te koop aan: unieke Karoo geskenke en soeweniers. “My man en sy pa voor hom is al dekades lank gesoute Merinoboere” sê Danél “en die geskiedenis van ons stoet – ons hart – is ook op skou in Karooroos”
Sy en Tinus is baie opgewonde oor die toekoms en die verandering wat dit sal meebring. Hulle beplan ‘n staproete op hulle eiendom om voorsiening te maak vir hierdie groeiende buitelug aktiwiteit. “En, binnekort gaan ons ons kwaliteit vleisprodukte onder ons eie handelsmerk deur die padstal bemark”.
Danél is looking forward to the EV revolution.
“A relative works at Volkswagen and he told me about the exciting developments in electric vehicles. So, when Joubert approached me about partnering in a Zero-Carbon Charge charging station, I knew what to expect.”
She sees it merely as an add-on to many other facets that Karooroos offers. “There is enough space and enough things for people to do and room for the kids to play. It’s big enough to take your pets for a run”. But besides that, she believes renewable energy is the only way which we can meet the future. “Combining that with a business opportunity in a place of natural beauty is a win-win situation”.
Danél understands the scepticism surrounding EVs but predicts that once people experience EVs and see the roll-out of recharging infrastructure their attitudes will change. “They will see that the benefits will outweigh other considerations”. She is proud to be part of the vanguard that is bringing about this change.
“An electric delivery vehicle will come in very handy for Karooroos” muses Danél “but until one becomes available, I’ll settle for VW’s ID.4”
Karooroos is an ideal halfway stop for travellers between PE and Gauteng. Keep it in mind next time you’re travelling along the N10.
