Varsgebakte brood met romerig plaasbotter voor ‘n snoesige Dover houtstofie. Dit klink soos iets uit ‘n Leipoldt-storie – maar dis eietyds en dis beskikbaar by Dassiesfontein Padstal sowat 10km buite Caledon op die N2 op pad na Botrivier.

DASSIESFONTEIN


10km buite Caledon op die N2 oppad na Botrivier

EMAIL: [email protected]

PHONE: 028 214 1475


Die eienaars – Sassie en Alda Fick het aanvanklik met lusern en Döhne Merino’s geboer, en destyds was die Padstal bloot ‘n sleepwa langs die pad parkeer het. ”Ons bietjie vrugte en groente wat plaaslik gekweek is verkoop” sê Sassie met ‘n kenmerkende Overberg aksent. Later het ‘n tweede en ‘n derde sleepwa bygekom. “Maar toe is ons beroof, en eenmaal het ‘n sterk wind ons omgewaai” lag Sassie “en boonop raak die owerhede moeilik as jy langs die hoofpad smous. In 1995 het ons toe ‘n permanent struktuur gebou. Dis gepas dat die padstal die naam van die oorspronklike plaas dra”

Dassiesfontein padstal op die N2. Future charging destination

Enige besigheid wat 25 jaar lank bestaan doen iets reg. Volgens Sassie verg dit spanwerk, innovering en ietsie besonders om te kry dat kliënte keer op keer terugkeer. Dassiesfontein se ietsie besonders is boerekos: hartlike outydse vleis, rys en ertappels. Met varsgebakte brood, natuurlik, en bedien op ‘n tradisionele enemmel bord. Dis mos kos! Sassie se ander lokaas is ‘n groot verskeidenheid Dover houtstofies, maar dis nie ‘n museum nie! Die stofies is almal oorgedoen en is te koop aan wie ook al sy huis wil verhit of sy maaltye kook op die alternatiewe manier.

Sassie sê 2022 is veronderstel om sy ‘gap-jaar’ te wees , maar hy is besiger as ooit. Hy en ander boere in die omgewing is besig om ‘n bewaringsgebied te skep. Hulle verwyder indringerplante (ook dennebome) om die fynbos  – veral die bedreigde spesie – kans te gee om te floreer. Hulle skep ook stap- en bergfiets roetes om sodoende meer van die pragtige Caledon omgewing vir toeriste en natuurkinders te ontsluit.

Die eerste ding van Dassiesfontein wat jou tref is die groot aantal sonpanele op die dak. Volgens Sassie verskaf sonkrag 80% persent van Dassiesfontein se elektrisiteit. Dis dus vanselfsprekend dat Sassie onmiddellik ingestem het om ‘n Zero Carbon Charge elektriese herlaaistasie by Dassiesfontein op te rig. Sy stasie sal die eerste een van Zero Carbon Charge se sowat 120 stasies wees wat teen 2024 op SA se hoofroetes opgerig gaan word.

Vir Sassie was dit ‘n maklike besluit.

Ek het dadelik die voordeel gesien; ek het geen oortuiging nodig gehad nie. Dis ‘n belowende idee, dis die toekoms en dis die regte ding om te doen”.

Sassie is ook deeglike bewus daarvan dat EVs nie oornag binnebrand-enjins gaan vervang nie, en hy is bereid om te wag vir hierdie belegging in die toekoms rendemente te gee. “Ons was in ‘n gemaksone” sê Sassie “ek het hierdie nodig gehad om myself wakker te klap. Dit sal groot belang wek en dit sal kliënte lok. Ek glo dit gaan geweldig positief wees”

Sassie voel dat ten spyte van huidige skeptisisme sal mense gou-gou die voordele van elektriese voertuie sien. “Tien jaar gelede sou jy nie maklik ‘n boer met ‘n outomatiese bakkie sien nie,” lag hy “nou is dit niks snaaks nie”.

Ten opsigte van sy persoonlike EV keuse is Sassie lojaal en pragmaties: “Ek was nog altyd ‘n Land Rover Defender ou,” bieg hy “eers het ek gedink ek sal een van my oues omskep in ‘n E-Defender, maar daai idee het ek laat staan. Ek wag nou op Land Rover om een uit te bring”